UPDF AI

Integrated, qualitative and quantitative career counselling and career construction with a learner with a technical interest and aptitude who presents with attention deficit leads to positive results

J. Maree

2014 · DOI: 10.4102/SATNT.V33I1.1183
1 Citations

Abstract

Hierdie artikel beskryf die waarde van beroepskonstruksie aan die hand van ’n geintegreerde, kwalitatiewe en kwantitatiewe benadering vir ’n leerder met tegniese belangstelling en aanleg wat met aandagafleibaarheid presenteer. Die navorsingsontwerp (kwalitatief) behels ’n intrinsieke, instrumentele gevalstudie om die deelnemer diepgaande en in sy natuurlike konteks te begryp. Die deelnemer is ’n 17-jarige jong man wat geevalueer is met die oog op beroepsvoorligting. Daar was dus sprake van sowel doelsteekproefneming as geriefsteekproefneming. Evaluasie is na ’n tussenpose van 2 jaar herhaal met terugvoer na afloop van elke assessering. Data is met behulp van kwalitatiewe, sowel as kwantitatiewe tegnieke ingesamel (kwantitatief: die Jung-persoonlikheidsvraelys , die Myers-Briggs Type Indicator , die Differential Aptitude Tests en die Rothwell-Miller-belangstellingsvraelys , die Maree Career Matrix ; kwalitatief: ’n collage, die Beroepsbelangstellingsprofiel, lewenslyn, vroee herinneringe, asook die lewensverhaaltegnieke). Tydens die tweede evaluering het sy belangstellings grotendeels stabiel gebly; sy aanlegte was oor die algemeen dieselfde as voorheen, en dit het inderdaad geblyk dat sy studie-orientasie verbeter het. Verder het sy neiging tot introversie verander na ’n relatief sterk neiging tot ekstroversie. Kwalitatiewe evaluering is grotendeels voltrek aan die hand van refleksiwiteit, of herhaalde refleksie oor sy eie refleksie, en het ’n dormante bereidwilligheid aan die lig gebring om harder te werk en meer aktief aan sy selfkonstruksie deel te neem en aan sy ontluikende beroepslewensverhaal te skryf. Enkele aanbevelings is gemaak om hom in staat te stel om hierdie bereidwilligheid in die praktyk te laat realiseer. In hierdie geval het ’n kwalitatiewe en kwantitatiewe benadering vir ’n aandagafleibare leerder met ’n sterk tegniese aanleg ’n positiewe bydrae in die leerder se lewe gemaak. Omvattende navorsing in groepsverband is nodig.